Archive for September 2009

District 10?

Die regisseur het die deur wyd oopgelos vir die opvolg – met die sukses van District 9, reken ek ons sal Wikus se rehabilitasie oor minder as 3 jaar waarneem!

Voor die film het ek gou op Wikipedia my kennis oor distrik ses gaan verfris, en glo dit of nie, daar is reeds ‘n verwysing aan die einde (van die Wikipedia inskrywing) na District 9! Die ooreenkomste met distrik ses hou op by die “forced removals” en die naam van die film. Jy sal tevergeefs na meer paralelle soek. District 9 se inwoners, hoe lank hulle daar gebly het en die rede vir hulle verskuiwing toon geen ooreenkoms met distrik ses nie.

Die Nigeriërs se uitbeelding as die boewe is heeltemal uit verband geruk deur die blogosphere en film kritici. Blykbaar is daar in Nigerië gevra dat die film van die teaters onttrek moet word, maar hier ter plaatse het ek nog nie gehoor dat Agriforum gekla het oor die uitbeelding van Afrikaners as die meesterbreins agter MNU nie. En dis die punt van die fliek: dit is fiksie. ‘n Storie. Daar is nie ‘n boodskap nie, slegs historiese verwysings. Hoe onwaarskynlik is dit net nie dat (volgens die film) die tweede gootste wapenvervaardigers in die wêreld beheer sal word deur iemand wie se van Smit is. Of dat “Kobus” aan die hoof sal staan van ‘n regerings geëndosseerde en gekontrakteerde verskuiwingsoperasie! Enigeen wat in vandag se SA leef sal weet dat groot regeringstenders aan BEE maatskappye moet gaan volgens die amptelike BBBEE beleid.

Ek is darem bly om te sien die Carlton Hotel in Johannesburg middestad is darem weer betrek as kantore… Daar is egter een los draadjie. Hoe word iemand krimineel verhoor omdat hy ‘n privaatorganisasie se genetiese navorsing ontbloot het?

CS Potgooi #152 – Files en folders

Files en folders

CS Potgooi #151

Ouderdom

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 17:05
Grootte: 16MB

CS Potgooi #150 – Is it an Electric Sheep?

Is Pablo ‘n skaap, of is dit hoe ons hom bemark?

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 17:26
Grootte: 16MB
Direkte aflaai
RSS Feed