Potgooi #142 – Rooftop
Sommer net ‘n gesels potgooi
Grootte: 13MB
Welkom by my cybertuiste!
Archive for April 2009
Sommer net ‘n gesels potgooi
Uiteindelik, ‘n gebalanseerde keuse vir die besluitlose kieser.

Met ‘n skok kom ek hierdie week agter dat my bestuurslisensie oor ‘n week verval. Tyd is deesdae by my ‘n skaars kommoditeit en met die besluit ek om vanmiddag na ek kliënte gesien het gou by Eastgate te laat fotos neem vir die nuwe lisensie. Maar daar gekom is die winkels besig om toe te maak en wou niemand my meer help nie, want o weë, die hemele gaan op ons val as ons 5 minute later moet toemaak.
Redelik mismoedig ry ek toe maar via die bergpad (Sylvia’s Pass) terug Johannesburg toe. Op Louis Botha Rylaan merk ek toe ‘n paar internet kafees wat nog oop is. Die van julle wat die wêreld daar rond ken, sal weet dat dit ‘n deel van die stad is waar jy liefs nie na donker rondloop nie, maar duty was calling.
Groot was my verbasing om met ‘n groot glimlag gehelp te word. Derde wêreld styl met ‘n digitale kameratjie en ‘n Sony portable print kiosk, maar 10 minute later stap ek daar uit met 8 ID fotos vir R30.
Gewapen met my ID fotos gaan ek dus môre die lisensiekantore aandurf…