Archive for January 2009

CS Potgooi #137 – Wat weet Google?

Wat weet google

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 7:52
Grootte: 7MB
Direkte aflaai
RSS Feed

CS Law skuif na Potgooi.co.za

Van hierdie jaar af sal CS Law op www.potgooi.co.za gepubliseer word.

CS Potgooi #136 – Road Trip

10 Road Trip wenke en refleksies op ons werklikheid

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 21:02
Grootte: 19MB
Direkte aflaai
RSS Feed
[audio:http://cybersakkie.co.za/podcast/pod136.mp3]

In die Transvaal

In die dae toe Valiant nog goeie musiek gemaak het, het hy In die Transvaal gesing wat op sy eerste CD, Die Mystic Boer verskyn het. Nou ja, net voor iemand dink ek is besig om te hervestig in die Kaap, ek’s terug – lewenslank in die wilde Transvaal. My road trip was alles wat ek gehoop het dit gaan wees, van die goeie vriende wat ek besoek het tot al die dorpies soos De Doorns en Orania waardeur ek gery het.

Die road trip was in totaal 3600 km op die Suzuki se odo maar die GPS het nog 36km ekstra gehad. Wat my laat wonder oor die akkuraatheid van karre se odometers – oor ‘n 100 000 km gaan die 1% afwyking ‘n 1000 km wees.

In die Kaap…

Maandagoggend vroeg het Ané my uit die bed gejaag en voor 7 uur was ek op die pad vir my langverwagte road trip na die Kaap. Jy weet jy is in ‘n ander wêreld as die petroljoggies in Drie Susters jou in Afrikaans groet en jy besef dit help nie om te vra vir 93 oktaan petrol nie, want hulle het net 95 hierso. Dit was nog vroegmiddag en ek het besef as ek nie die aand op Beaufort Wes wil deurbring nie, sal ek ‘n plan moet maak. So trek ek toe die padatlas nader en Matjiesfontein vang my oog. ‘n Vinnige googlesoek later het ek die Lord Milner se telefoonnommer en die bespreking is gemaak. Maandagaand slaap ek in die wêreld van Snaartjie Windvogel. Dit was alles wat ek verwag het, van die kroegman by die Laird’s Arms wat my vertel van die stuk plastiek wat hy die middag in sy 1985 Mazda 626 se verkoeler gekry het “Meneer, wie sal nou so iets doen? Daar ís ‘n paar manne wat jaloers is op die kar…” tot by die groot portret uit 1900 van Lord Milner homself.

Dinsdagoggend het ek (in die afwesigheid van my liewe vrou se slawedrywery) skuins voor 9 die pad Kaap toe aangedurf, met die GPS gemik op Clifton se 1st beach. Met my goeie geluk span ek toe uit in ‘n Italiaanse restaurant met gratis internet toegang en kon vinnig inhaal op die emails en fakse wat in die internet- en gprs lose Matjiesfontein agterweë gebly het. Tot dusver niemand met ‘n te groot krisis nie.

Een ding is wel waar, Mauritius se strande kan nie kers vashou by Clifton nie. Daar is weliswaar ‘n ordentlike see waarin jy kan swem, anders as die branderlose sandbanke daar in die Indiese oseaan. Nou nie dat ek geswem het nie, maar ek sou seker kon as dit nie was vir die roepstem van Stellenbosch wat al hoe sterker geword het nie.

Vanaand se oornagplek is ‘n ou gunsteling, die Malans Gastehuis in Keeromstraat waar ons jare gelede vir Mathilda heen gebring het. Oor die volgende paar dae sien ek ‘n paar ou vriende, waarna ek baie uitsien. Maar eers gou een van my gunstelingtonele, die De Doorns wingerde in die Hexriviervallei wat jou groet as jy net uit die Karoo kom:

De Doorns

Lassie, die verlore kolliehond in Matjiesfontein

Sy dwaal rond by die Lord Milner Hotel in Matjiesfontein en die hotelstaf het haar tot in die lokasie gesien rondloop. Het iemand haar dar vergeet?

Lassie van Matjiesfontein

Mauritius fotos