Archive for October 2008

CS Potgooi #134 – Honde aanval

Mathilda oorleef honde aanval
Logitech headset
Dension iPod connector
Cité

Janie se potgooi by http://janie0404.podomatic.com/
RSS: http://janie0404.podomatic.com/rss2.xml

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 13:29
Grootte: 9.3MB
Direkte aflaai
RSS Feed

Honde aanval

Vanaand sit ek met gekneusde hande en google diie wêreldwye web om uit te vind wat doen jy as ‘n ander hond jou hond aan die keel beetkry en nie los nie.

En jammer om te sê, het ek al die verkeerde dinge gedoen. So, vir al die honde eienaars daar buite, onthou asb die volgende:

1. ‘n Hond se skedel is dikker as enigiets anders wat jy al teegekom het. Jy kan hom aanhou bl**sem op sy kop, jy gaan hom net kwater maak. As jy wil bl**ksem, doen dit op die basis van die skedel waar die rugstring begin. Hard genoeg, kan jy permanent van die hond ontslae raak.

2. As daai kake eers gesluit het, is daar net een manier om hulle oop te kry, en dis om die aanvallende hond van lugtoevoer te ontneem.

3. Hoe doen jy dit? Druk sy neusgate met een handpalm toe en knyp hard net agter die neus. Die oomblik as die kake ontsluit, kry jou hond (of kind/vrou, dalk nie kat nie) uit die greep.

4. Maak gat skoon.

Daar is nog maniere, maar op ‘n manier weet ek dat die drama vanaand vroeër verby sou wees as ek die reëls hierbo toegepas het (of as ek my gun by my gehad het, in welke geval ek permanent van die hond ontslae sou wees).

Mathilda, ek’s jammer jy slaap vanaand by die veearts, maar ek het my bes probeer…

CS Law #62 – Wat sê die reg?

NUUS
Motata saak – regsgeleerdes ingetrek by ernsitge bewerings
Selebi se regspan vre 243 netelige vrae
Waterkloof porno kattekwaad in die hof
Blinde Kaapse prokureur laat vaar diskriminasie aansoek
Noord Kaapse regters oor die vingers getik
Indiese dwelmsmokkelaar vrygespreek – na onderbroek demonstrasie
Kombodja egskeiding eindig onder die saag

JURIESAAK
Mag jy ‘n tier leer jag?

ANDER SAAK
Is daar ‘n plig op die staat om wetteloosheid te voorkom?

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 39:39 lank en 27MB groot om af te laai.

CS Law #61 – Wat sê die reg?

NUUS
Vonnisoplegging 35 keer uitgestel
Aanklaers woedend oor vertraagde salarisverhogings
Hof stop troue
Lewenslange vonnis vir verkragting tersyde gestel
Landdros rus na hofaanval
Oprah deur Suid Afrikaner vir laster gedagvaar
Noorweegse 10 jarige jaag weg vir polisie
Mickey Mouse die doodstraf opgelê

JURIESAAK
Wanneer kan die polisie aanspraak maak op selfverdediging

REGSNUUS UIT GAUTENG

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 51:04 lank en 35MB groot om af te laai.

Kougom en werksoekers

Wat het die twee met mekaar in gemeen? k na 494 maatskappye van die S&P500 se pryse het vandag geval. 2 van die 6 survivors waarvan die pryse opgegaan het was Wrigley, wat kougom verkoop, en Monster (‘n maatskappy wat die werksoek website monster.com besit).

Wat leer ons hier uit? As jy ledig is moet jy kou.

Kyk hierna

Ons vir jou

Boere propaganda of afrikaner vermaak?

Onthou jy nog die TV reekse North and South en Shaka Zulu? Dit is nou maar net eenmaal so dat vermaak vir die massas verkoop, en en nog meer so as jy ‘n nasionalistiese hartsnaar of twee kan roer. En dit is juis dan wanneer dit kontroversieel raak. Siener van Rensburg sê in die toneelstuk ‘n volk moet weet waar hy vandaan kom om te weet waarheen hy oppad is. Baie emosionele woord, hierdie volk woord. Dit word deesdae gesien as ‘n negatiewe eksklusiewe begrip, maar in 1900 het niemand, of dit nou ‘n dienaar van die Empire of ‘n soldaat van die Republiek was, gewonder wie is sy volk nie.

Kan enigiemand nog in alle erns glo dat die musikale uitbeelding van ‘n oorlog wat meer as 100 jaar gelede gevoer is in vandag se moderne era nog die maatskaplike psige van die Afrikaner kan beïnvloed? Of dat dit ontoelaatbaar is om in ‘n musiek(bly)spel nie al die kante van die saak te stel nie? Dan kyk jy die punt mis, naamlik, vermaak. Want dis hoekom honderde Suid Afrikaners (ja, dit was nie net wit Afrikaanse teatergangers nie) op ‘n Sondagmiddag afsak Pretoria toe om die staatsteater vol te pak. Ons wil vir ‘n paar uur ontvlug uit die realiteit, want môre neem ons weer die wapen op om teen ‘n onsigbare ekonomiese vyand te veg wat dreig om ons land se welvarendheid te verswelg.

Ons wil hoor dat De La Rey die boere gelei het, ons wil hoor dat hy die hardste stem in die Volksraad was wat hom téén die oorlog uitgespreek het, en desnieteenstaande uiteindelik die mees suksesvolle kryger van die Republikeinse magte was wat ongelooflike kompassie en eer aan die dag gelê het teenoor sy opponente.

Want ‘n leier is nie net iemand wat in oorlogstye veg nie, maar ook in vredestye sy mense weer trots op hulleself kan maak. DIe leier wat in vredestyd nog sy mense aanmoedig om te moor en die wapen op te neem, is nie in my oë ‘n leier nie.

Guantanamo in Greenside

Guantanamo

Die eerste oggend het Pablo volspoed om die draai van agter af gekom en deur die tuin gestorm, onwetend dat daar ‘n draad gespan was. Die verbasing op sy gesig toe hy in die draad vashardloop… Nou is hulle dit gewoond en dit lyk of hulle baie rustiger agter die draad is waar hulle alles kan sien, as agter die muur en toe deur van voorheen.

CS Potgooi #133 – Guantanemo Bay

Politiek

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 11:09
Grootte: 7.7MB
Direkte aflaai
RSS Feed

CS Law #60 – Wat sê die reg?

NUUS
NPA appel teen Zuma uitspraak ingedien
Gelykheidshof beslis oor kombuis Zulu onderrig
Hlophe wen saak teen Konstitusionele hof
Maar klagtes in RDK gaan voort op 13 Oktober
SASOL met 312 milj Euro beboet vir onwettige kartel
Parlementere kommittees begin Skerpioen ontbind
Swaardmoordenaar se waarneming verleng na 60 dae
Waterkloof 4 se Konstitusionele hof appel misluk
Beenie Man deur Jamaica hof kwytgeskeld van $1 milj belastingontduikin

JURIESAAK
Is restaurant aanspreeklik as kroegman ‘n klant aanrand?

ANDER SAAK
Middelike aanspreeklikheid in joyride gevalle

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 45:51 lank en 31MB groot om af te laai.