26th September 2008, 11:16 pm
Dit was bes moontlik die bes bewaarde geheim in onlangse menseheugenis in SA gewees – wat gaan die iPhone kos. Die kat is uit die sak. Kontant kry jy die 8GB vir R6389 en die 16GB vir R7569. Op kontrak betaal jy enigiets tussen R1800 en R3300 in.
Ingevolge SA wetgewing mag jy nie ‘n selfoon beperk tot ‘n netwerk nie. Dt is dus moontlik om ene kontant aan te skaf en bloot jou bestaande sim kaart op bv MTN in te druk, as ek reg verstaan. iTune nog steeds nie vir ons beskore nie, maar wel die Apps store.
Verder inligting hier: link
21st September 2008, 12:42 am
Flieks en toere
Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 22:25
Grootte: 15.5MB
17th September 2008, 10:47 pm
NUUS
NVV gaan aansoek doen om Zuma beslissing te appeller
Dali Mpofu verloor in hof vandag
Transnet verloor in die Appelhof oor oop deure van bewegende treine
Nog verdagtes in hegtenis na lughawe rowers bieg
Hansie filmmaatskappy gelikwideer in hof
Kaapse prokureursorde vra skorsing van top Kaapse prokureurs
4 lewensvonnisse vir 2 Chinese moordenaars
Seepunt konstabel vrygespreek na hond bemorsing insident
JURIESAAK
Moet SASRIA uitbetaal vir trok wat tydens staking afbrand?
ANDER SAAK
Appelhof gee onregverdige diskriminasie toe teen wit bevorderingskandidaat
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 49:46 lank en 34MB groot om af te laai.
14th September 2008, 07:26 pm
Die Parktown Westcliff Heritage Trust toere die afgelope naweek het ons weer teruggevat na die vervloeë dae van Johannesburg, van die Rand Club se ontstaan in die 1880′s na die Gauteng Wetgewer se inbesitname van die Johannesburg Stadsaal tot by Hollard met die herlewing van Villa Arcadia.
Die fotos is by die volgende 3 albums:
Rand Club
Gauteng Wetgewer
Villa Arcadia
14th September 2008, 06:22 pm
7th September 2008, 11:11 am
Die Parktown & Westcliff Erfenistrust het elke jaar ter herdenking van Erfenisdag ‘n verskeidenheid van stap- en bustoere deur Johannesburg se historiese landmerke. Bywoning is streng op ‘n eerste daar basis, en bustoere is uit die aard van die saak beperk tot die kapasiteit van die bus.
Van die hoogtepunte is ‘n besoek aan die Rand Club en Villa Arcadia waar Hollard se kantore is.
Click hier vir die toerprogram
6th September 2008, 10:28 pm
sou julle in my laaste potgooi gehoor het, was die naam van die verhoogdrama wat op die punt was om te begin in die Civic teater waarvandaan ek die potgooi opgeneem het.
Die laaste ding wat ek sal probeer voorgee is dat ek ‘n teaterfundi is. Alhoewel ons in my eerstejaar Boesman en Lena as ‘n voorgeskrewe werk behandel het, het ek nie eintlik weer daarna aan Athol Fugard, die dramaturg, gedink nie. Sy werke is op die beste van tye nie baie opbeurend nie, maar soos Breyten Breytenbach eenmaal gesê het, SA gehore moet intellektueel flukser word. Dit was aanvanklik meer ‘n drafstap as ‘n wandeling in die park, maar die uiteindelike beloning was die moeite werd. Mens stap uit die teater en voel werklik jy het deel geword van die wêreld wat op die verhoog uitgebeeld was.
Die storie is boeiend en eintlik hartverskeurend. ‘n Broer en suster kom weer bymekaar na jare en gaan deur die gestoorde bokse in hulle ouerhuis op soek na aardse skatte. Ongemerk verander die suster se soektog in ‘n soeke na tog net een ding wat gelukkige herinneringe van haar kinderjare sal terugbring. En haar broer degradeer geleidelik in ‘n hartseer spieëlbeeld van sy pa.
Die toneelstuk is nog vir die vogende week aan die gang in die Civic, trek jou intellektuele tekkies aan en gaan kyk dit gerus.
5th September 2008, 06:29 pm
Nagedagtes en herinneringe oor Johannesburg.
Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 10:44
Grootte: 7.4MB
3rd September 2008, 10:28 pm
NUUS
Glen Agliotti sien sy lyfband in die hof…
Appélhof vaar uit teen lewenslank vir verkragters
Stenograwe vat Departement van Justisie hof toe
eXactmobile gedagvaar vir selfoon luitoon tantiemes
Delmas landdros gaan uitgesit word uit huis
Italiaanse kerk moet betaal vir klokke wat te hard lui
Shanghai polisie beplan openbare skaamte vir voetganger oortreders
JURIESAAK
Moet eerste oortreder tronk toe gaan vir perlemoenstropery?
ANDER SAAK
Die ontbinding van Hindu huwelikke
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 33:03 lank en 34MB groot om af te laai.