Archive for July 2008

Highway 13

hoor ons toe nou vanaand is die naam van die nuwe Jack Hammer album. Om in Joburg te bly beteken jy kry onverwagse verrassings en vanaand s’n was die CD launch by die Radium Beer Hall in Orange Grove waarop ons toevallig afgekom het.

Piet Botha en sy band Jack Hammer is consistently goed. Maak nie saak waar jy hulle teekom nie, jy is gewaarborg om in ‘n gepakte venue na goeie klank gehalte oorspronklike SA rock musiek te luister.

My gedagtes het vanaand onwillekeurig teruggegaan na Valiant se CD launch in Back 2 Basix. Daar was nie ‘n enkele tafel vanaand leeg nie, inteendeel, al die tafels het name opgehad vir wie dit bespreek was. Daar is nie nonsens gepraat tussen songs nie en dawerende applous was aan die orde van die dag. Selfs by die tafel langsaan het ons bure, wat eintlik die R100/1kg queen prawn special kom eet het, Jack Hammer van g’n kant af geken nie, maar dit net so baie geniet soos ons (eintlik ek, rock musiek sus mos vir vroulief aan die slaap).

Viva Piet Botha!

‘n Goal is ‘n droom met ‘n datum daarop

was die woorde van Jacques Malan, derde generasie Malan, by Malanseuns se jaarlikse winter handelsdag. Mens kan maklik in die lokval trap om dit net af te maak as “sales talk”, maar ek het soveel lewenswysheid en waarde gehoor in daardie kort toespraak wat hy vir die bont versameling kwekery handelaars gegee het.

Wat my sal bybly is dat hy oorgekom het as ‘n eerlike sakeman met die oortuiging om dit wat hy glo te leef. En dis nie ‘n man wat van oor tot oor glimlag en jou met slim stories probeer oortuig om plante te koop nie. Nee, inteendeel, hy noem ‘n ding by die naam. Dus, wat ek saam met my geneem het, is dat ons ‘n datum op die seisoen moet sit en hom laat begin.

Arnelia doen dit weer

Na Arnelia se onlangs sukses by die SANA skoudag, het hulle gister weer by die Malanseuns handelsdag weggestap met die louere as een van die beste uitstallers. Baie geluk aan Hans en sy span, welgedaan.

CS Law #53 – Wat sê die reg?

NUUS
Duiwel vasgetrek in Hemel en Aarde vallei
Zuma soek geld vir hofsaak oor 6 dae
Von Abu geregtig op diplomatieke beskerming vir Zimbabwe plase
Motata ontken hy was dronk
Najwa Petersen getuig -en ontken alles
Hlophe gryp na strooihalms
Brit soek VVV en VSA vra uitlewering
SPAM koning pleeg selfmoord en vermoor sy vrou en kind.

JURIESAAK
Is beroofde trein passasier geregtig op skadevergoeding van Metrorail?

ANDER SAAK
Akademici stry oor wie outeur van navorsingsartikel is – outeursreg in idees?

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 50:49 lank en 35MB groot om af te laai.

CS Potgooi #129 – Beijing

The Happening revisited en my gevoel oor die Beijing Olympics.
Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 17:43
Grootte: 12.2MB
Direkte aflaai
RSS Feed

CS Law #52 – Wat sê die reg?

NUUS
Binnelandse sake amptenare aangekla van afpersing.
Borgtog geweier vir 3 jarige se pa
Bedrieër pleit skuldig na 10 jaar verhoorafwagtend.
NIA kry interdik teen Business Day
Serwiese voormalige president, Karadzik, aangekeer vir oorlogsmisdade
Kano man kry 6 jaar vir versekeringsbedrog
Spam koning ontsnap van Colorado tronk

JURIESAAK
Na hoeveel golfballe in jou erf is genoeg genoeg?

ANDER SAAK
Eis vroegtydig teen jou prokureur…

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 45:58 lank en 31.6MB groot om af te laai.

CS Potgooi #128 – Martelmetodes

Ek gesels oor ‘n paar flieks van die afgelope tyd met spesiale fokus op martelmetodes. Verdere leesmateriaal is die New York Times en die American Torture website.

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 11:25
Grootte: 7.9MB
Direkte aflaai
RSS Feed

CS Law #51 – Wat sê die reg?

NUUS
Polisie ondersoek uiteindelik Lotz moord ooggetuie
Motata dronkbestuur saak – nog getuies getuig en staat vra uitstel
Musica skuldig bevind aan handeldryf in nagemaakte televisiespeletjies
Vusi Pikoli verdedig homself in Ginwala ondersoek
Dali Mpofu se skorsing ongeldig verklaar – die derde keer
Hoogste hof in Amerika herroep handwapenverbod in Washington DC
Klagtes teen New Yorkers wat 52vloer wolkekrabbers uitklim

JURIESAAK
Telefoniese versekeringsaansoeke – hoe ver terug moet jy jou ongelukke kan onthou?

ANDER SAAK
Die geldigheid van onvolledige huis koop kontrakte.

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 45:30 lank en 31.3MB groot om af te laai.

CS Law #50 – Wat sê die reg?

NUUS
Strandfontein man gevonnis vir verwaarlosing van sy hond
Vusi Pikoli getuig in Ginwala ondersoek
Lewenslank vir 5 jarige Danielle Estehuizen se 3 moordenaars
Hof luister na Regter Motata selfoon opnames
Regter Hlophe reageer op klagtes
Tronke is oorvol
Swart besigheid ongelukkig met hof se beslissing dat Chinese swart is

JURIESAAK
Is die onwetende tweede vrou (eggenote) geregtig op helfte van oorlede “man” se boedel?

ANDER SAAK
Wanneer is ‘n plaasboer aanspreeklik vir voorbrand skade aan buurman se eiendom?

Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 44:49 lank en 30.8MB groot om af te laai.