Nuusbrokkies nie by hierdie potgooi ingesluit nie.
JURIESAAK
Salomo se wysheid word benodig – selfde eiendom aan 2 verskillende mense oorgedra… Wie moet dit kry?
ANDER SAAK
Beskerm vrywaringsklousule ‘n motorhandelaar uit wie se diensperseel ‘n kliënt se kar gesteel word?
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 26:21 lank en 18.2MB groot om af te laai.
met die uitsondering van Trieste, is nie meer wat dit was nie.
Met die gevolg dat ons nou verder moet soek vir goeie eetplekke – wat lekker kos het. Ons soektog het gisteraand by La Rustica in Houghton geeindig. Vir die wat vertoud is met Johannesburg, dis op die skelm hoek in Louis Bothalaan net na Death Bend oppad na Orange Grove. As ons vroegtydig bespreek het, sou hulle ons vir langer as die een uur vergunning, net voor die 8 uur sitting begin, toegelaat het. Maar, dit was genoeg tyd om ‘n Caprese slaatjie (die skywe tamatie en mozarella was effe aan die dik kant) , Kingklip vir my, ‘n pasta vir mevrou, en cappucino te geniet. Flink diens en goeie Italiaanse plaaskos in ‘n gesellige omgewing.
Maar die verrassing van die naweek was Fino, nogals net om die draai van ons in Parktown North. Weer eens was ons van die eerste gaste vir middagete, maar die flambojante eienaar het ons verseker dat ons sy gaste is vir solank as wat ons wat ons nie met die soyskaart verveeld gaan raak nie. En dis moeilik, want daar is Tapas, pastas, slaaie, visse en vleise. Dan het jy nog nie eens begin met die likeurs, desserte en cocktails nie. Die Haloumni voorgereg was heel oorspronklik in driehoekies voorgesit met n vars tuisgemaakte Tzatziki. En dit was sag. Hemels sag. Anders as die sout uitveers by sekere ander plekke. ‘n Goeie voorgereg is gewoonlik ‘n prelude van dinge om te kom. My balsamiese asyn rumpsteak was gerooster tot perfeksie en Ane se penne pasta met basil het die tafel aan die ander kant van die glasdeur laat opkyk. En die spreekwoordelike kersie op die koek: tuisgemaakte nougat roomys.
Nou ja, ons kan weer opkom vir asem en die week se mikrogolf aandetes aandurf na so ‘n naweek.
en hy launch dit hierdie naweek. As jy dus in ons omgewing is, het jy nie ‘n ander keuse as om Vrydagaand 20:00 by Back2Basix in Westdene (Jhb) ‘n draai te maak vir die album launch. Vir die wat nie weet nie, my website is vernoem na ‘n song op sy eerste CD – Die Mystic Boer. Die nuwe album is Vrydagaand/Saterdagaand en is in die styl van Dorpstraat Revisited van jare gelede. Gaan definitef een aanskaf.
NUUS
Regter Motata video toegelaat in dronkbestuur saak
Regter Hlophe se prokureurs kla die Regters aan wat hom aankla!
FNB roofsaaak uitgestel weens bomdreigement
3 passiemoordenaars losgelaat na 1/3 van die vonnis uitgedien
2 mediese studente aangekla vanf dagga kultivering
Samantha Uys moordenaars kry 38 jaar elk
Ivor Powell van Skerpioene se dronkbestuur saak van die rol verwyder
Air India lugwaardinne verloor gewigsdiskriminasie saak
JURIESAAK
Mag ‘n bank jou geld net vat?
ANDER SAAK
Universele vennootskap en die “common law wife”
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 46:48 lank en 32.2MB groot om af te laai.
Die een nuwe kenmerk van Vista wat my van die begin af fassineer het, was die sidebar gadgets. Hierdie naweek google ek toe vir ‘n XP alternatief en kom af op niemand anders nie as Google se Desktop.
Dit doen dieselfde as die Vista sidebar, maar in my opinie is daar baie meer gadgets beskikbaar as op die Vista alternatief. My gunsteling gadget is die Weather gadget. Daai wolkie/sonnetjie is baie akkuraat, jy hoef nie eers buitentoe te kyk om te sien of dit rerig koud is nie.
Besoek gerus die desktop blog vir die nuutste gadgets by:
gaan seker eendag in die verre toekoms nie meer bestaan nie, maar terwyl ons nog die voorreg van boeke in ons lewens het, gaan dit onweerstaanbaar bly vir my.
Protea Boekehuis in Hatfield het ongetwyfeld die beste versameling regsboeke van enige akademiese boekhandelaar en gewoonlik stap ek met sakke boeke daar uit. Vandag was geen uitsondering nie. Die 1975 vier volume uitgawe van Claassen se Dictionary of legal words and phrases het net gister daar gearriveer, en van vandag af staan dit trots in my boekrak. Dan het ek ook ‘n uit druk uit huweliksreg sakebundel opgeraap asook twee peperduur moderne handboeke oor boukontrakte en die maatskappyereg.
As enigiemand ooit ‘n Landlord and Tenant raakloop, laat weet my dadelik. Dis nou al so lank uit druk uit en daar is geen kopiee op die tweedehandse mark nie. En dit bly die beste werk in sy kategorie vir my.