Archive for May 2008
CS Law #47 – Wat sê die reg?
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 48:40 lank en 33.5MB groot om af te laai.
Ligte stampie
en ” to run is not to arrive” – ou Malawiese gesegde – wou ek vir die ander bestuurder se wat my gister op die Ben schoeman ge”side swipe” het. Hy was duidelik haastig, maar sy haastigheid het R25 000 se skade veroorsaak. Wonder of die versekering dit ooit gaan verhaal van sy maatskappy… En ek gaan die plesier he om vir ‘n paar dae karloos te wees terwyl die paneelkloppers hulle ding doen.
Koffie-to-go
in die VSA is groot. En hier plaaslik gebeur die dinge ook, maar net teen ‘n te stadige pas na my sin. Die meeste plekke doen nou al koffie-to-go, maar nog te veel laat na om die papierbekertjie met ‘n behoorlike drinktuitdeksel toe te rus. Daarsonder is dit onmoontlik om in die kar koffie te drink.
Hier is my lowdown op wegneemkoffie in Johannesburg gebaseer op kwaliteit, prys en die belangrikste, die drinktuitdeksel:
No 1 “On Route”, Braamfontein. Die BESTE filterkoffie in die stad, goeie bone en hulle hou hulle masjiene behoorlik skoon. Teen R5.95 kan jy nog in die Sowetan loer terwyl hulle jou koffie brou.
No 2 “Trieste”, Greenside. Individueel gebroude regte Italiaanse koffie, die prys is net bietjie wild – R15.
No 3 Arbeidshof coffee shop, Braamfontein. R6.50, goeie koffie, maar geen drinktuitdekseltjie nie.
Parkering is altyd ‘n bogger by hierdie drie, jy moet rerig bereid wees om die ekstra myl te stap daarvoor.
Die Franchises
No 4 “Fournos”, Rosebank. Teen R10 kan jy seker verwag dat die koffie uit ‘n gefiltreerde fles getap word. Nogtans goeie koffie in ‘n ordentlike grootte beker met drinktuitdeksel.
No 5 “Doppio Zero”, Bel Aires Sentrum, Northriding. Altyd ‘n wenner want jy stap gewoonlik uit met ‘n eetdingetjie ook, probeer gerus hulle chocolate brownies. Net oor die R11 vir koffie uit ‘n pot. Natuurlik ‘n drinktuitdeksel.
No 6 “Vide e Caffe”, enige plek, hulle is oral dieselfde. Caf e Americano is karakterloos, probeer eerder ‘n Cafe Mocha. Ontsaglik duur, kan jou tot oor die R20 kos vir die groot size beker. Hulle word vergewe weens die hemelse savoury muffins. Drinktuitdeksel en Lindt tjokkie standaard met elke koffie.
Beter om aan te ry en verder te soek:
No 7 “MacDonalds” Drinktuitdeksel teen R9.45 maar die koffie proe snaaks en het amper net soveel skuim as ‘n capucino.
No 8 “Wimpy” Skottelgoedwater teen so R7. Darem ‘n drinktuitdeksel.
No 9 “Newscafe” Jy’s gelukkig as jou koffie lou by jou uitkom. By die Civic Theatre weet hulle nie wat is drinktuitdeksels nie. Ongeveer R12.
No 10 Die Landdroshof in Johannesburg. Nescafe classic teen R6.50 sonder ‘n drinktuitdekseltjie. Net vir nodgevalle as jy ‘n vinnige kafein boost benodig.
Wat is jou beste koffie-to-go?
Die stad is stil
want hoor ek by my middestad kliente, die geweld kring nou uit na die Chinese winkels, wat liewer toemaak, sover as Bruma en Cyrildene.
Daar is merkbaar minder karre op die pad en straat parkering is volop. Ook maar goed, want my gewone ondergrondse parkering in die Jhb Sun & Towers het gesluit uit veiligheidsredes laat vanoggend. Dieselfde kliente vertel my dat die mense in Pritchardstraat uitmekaargespat het na strooptogte op straatstalletjies.
Winkeltjies in Small Street Mall wat voorheen trots hul Namibiese afkoms adverteer het, se name is diskreet verander na ‘n meer generiese ” Mambo No 5 Fashions”.
In die informele nedersettings sing hulle uMshini Wam terwyl taakmagte spesiaal opgeleide soldate wonder hoe om skarebeheer te doen terwyl nog ‘n “necklacing” plaasvind.
En in die suburbs slaap ons rustig asof dit net nog ‘n dag in Afrika was.
Vloek van die E90
is om in rye te leef, alles hoekig te pak – en die nuutste sagteware op jou reeds splinternuwe foon te wil he…
Want, vertel die techie by NashuaMobile vanmiddag vir my dat die version 40 sagteware op die Nokia website nie net my E90 foon gebrick het nie, maar al die ander mense wat probeer opdateer het s’n ook. Nokia weier blykbaar om mense te waarsku daarteen, want die disclaimer (in fineprint) se mos jy doen die update op eie risiko.
Ai, as ek maar net soos ander mense tevrede was met die foon soos hy uit die boks gekom het, het ek nou nog ‘n foon gehad…
CS Travel – Mumbo Eiland
CS Potgooi #125
Mmm
Grootte: 14.8MB


