CS Potgooi #121 – Koos se generasie
Grootte: 10.3MB
Welkom by my cybertuiste!
Archive for February 2008
Dit was heel vreemd om twee Saterdae na mekaar konsertgeluide in die Emmarentia Botanies Tuin te hoor terwyl ons met die honde stap, maar tot ek vanoggend teen ‘n lamppaal die Old Mutual Encounters poster gesien het, het dit my verbygegaan. Oppikopppi se naam het wel my oog gevang op die poster, en dit was toe nou waar ek ontdek dat daar besonderse rock konserte omtrent op ons voorstoep gehou word! Ongelukkig het ek reeds Vusi Mahlasela gemis, maar ek gaan seker maak eks daar op 23 Feb met Koos Kombuis en Chameleon. En dan kan mens seker nie Valiant en Ollie oorslaan op 1 Mrt nie, dit sal ook ‘n eerste wees om die twee saam live te sien.
Anyways, hier is die herinnering wat ek altyd van Oppikoppi ’98 sal hê, is dit 10 jaar gelede? Onmoontlik.

NUUS
Nuus in Jeppestown verhoor
830 KZN wetstoepassing offisiere word ondersoek
SA soldaat kry 18 jaar vir moord op bevelvoerder in Kroonstad
Pikoli ondersteun moontlik samesmelting tussen SAPS georganiseerde misdaadeenheid en Skerpioene
Amerikaanse weermag skerpskutter moontlik lewenslank tronk toe
Minnesota se rookverbod gefnuik
JURIESAAK
Onwettige tolhekke en rooi robotte
ANDER SAAK
Verlowingsbreuk kan duur kos
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 49:58 lank en 34MB groot om af te laai.
JURIESAAK
Moet Pa ophou onderhoud betaal by meerderjarigheid of as kind selfonderhoudend is?
ANDER SAAK
Wanneer kan ‘n geskeide ouer die kinders saamneem as hy/sy emigreer?
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 35:41 lank en 24MB groot om af te laai.
‘n Blik op die einde van die wêreld deur die lens van ‘n filmkamera
Krag vir Afrika
NUUS
Helen Zille deur onafhanklike tribunaal onskuldig bevind aan spioenasie
Is die Padongelukkefonds sedert Augustus 2006 in ongeldig saamgestel?
Pretoria regsmanne sê hulle gaan Eskom aanvat namens publiek
ANC LP pleit vir wettiging van prostitusie in aanloop van Wêreldbeker
Joernalis in Afghanistan moontlik tot dood veroordeel vir godslaster
Britse gevangene wen 7m pond – en word nou gedagvaar vir skadevergoeding deur sy slagoffer
Jurie is uit op Wesley Snipes se belastingverhoor
JURIESAAK
Moet ‘n besigheid verplig word om te betaal vir skuld wat hulle toegelaat het ‘n ongemagtigde werknemer aangaan?
ANDER SAAK
Wanneer kan ‘n Suid Afrikaanse burger aanspraak maak op diplomatieke beskerming van die regering?
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending op Uitsaaines Live direk van die internet of skryf in op die rss van Cybersakkie Law om elke week se episode afgelewer te kry. Hierdie week se episode was 51:57 lank en 36MB groot om af te laai.