SMS – CS Potgooi #94
Alex Lindsay – Pixelcor op TWiT
Home Theatre
Aktekantoor trappe
IpodShowdown
SMS op Skype
Lengte: 14:44
Grootte: 13.6MB
Direkte aflaai
RSS Feed
Welkom by my cybertuiste!
Archive for March 2007
Alex Lindsay – Pixelcor op TWiT
Home Theatre
Aktekantoor trappe
IpodShowdown
SMS op Skype
Lengte: 14:44
Grootte: 13.6MB
Direkte aflaai
RSS Feed
Thaise Teater amper klaar
Heineken termineer SAB se Amstel lisensie
Cross contamination in Sushi kombuise
Lengte: 16:19
Grootte: 15MB
Direkte aflaai
RSS Feed
Ek en Raymond het op 14 Maart 2007 op Uitsaaines Live gesels oor die “nuts en bolts” van arbeidsreg.
Luister elke Woensdagaand van 21:00 tot 22:00 na ons lewendige uitsending.
CS Law RSS
Luister Uitsaaines Live direk
lengte: 50:34
grootte: 46.4MB
Eintlik het ek nooit gewonder hoekom ek ‘n home theatre wou hê nie, ek het net geweet ek moet. Met my internet navorsing oor alles van projektors tot ouditoriumstoele het ek afgekom op 2 interessante bladsye, wat my bietjie meer insig in my hunkering na ‘n tuisteater (Thaise teater soos Machiel sou sê!) gegee het.
Die eerste bladsy was oor Bernicchi ‘n 81 jarige omie wat verskeie filmteaters in Johannesburg oor die jare bestuur het. Net daarna lees ek Andrew Worsdale se herinneringe van Johannesburg se movie teaters, waarvan ek net enkeles kan getuig dat ek daar gefliek het, meer spesifiek die Seven Arts in Norwood, die Cult Cine in Hillbrow en die Kine entertainment Centre in Johannesburg. In 1991 het ek en Cornel “The Wall” in die Cult Cine gaan kyk, en in 1987 het my ma ons drie kinders saam met nog ‘n ma en haar twee kinders in die skoolvakansie met die trein na Johannesburg gevat om in die Kine Entertainment Centre te gaan fliek!
My eintlike movie memories is van die Constantia, in Benoni, waar ek grootgeword het. In 1988 het ek en my beste skoolvriend, Martin (wat nou in Miami bly) Vrydagmiddae met ons fietse dorp toe gejaag om betyds te wees vir die 14h30 vertoning. Gewoonlik het ek gratis kaartjies gehad wat ek gewen het op Ster Kinekor se Beltel website. Een keer het ons selfs sy sussie saamgevat na Good Morning Vietnam – sy was eintlik te jonk, want die fliek het ‘n 16 ouderdomsbeperking gehad!
Die Constantia herinneringe gaan nog verder terug na die Saterdagoggend flieks, wat deur omtrent al wat ‘n skoolkind is, bygewoon is. Net voor die main feature was daar gewoonlik ‘n vervolgverhaal, só 15 minute lank, net sodat jy die volgende Saterdagoggend ‘n verskoning gehad het om weer terug te kom! Dit was ook daar waar Cornel sy eerste fliek saam met ‘n meisie, Natasja, gaan kyk het. My eerste fliek saam met ‘n meise was in Rosebank saam met Henriette – Jesus in Montreal.
En daar was daar ook die Knysna teater waar ek en Ané in 1994 gaan fliek het, ek wonder of dit ooit nog bestaan?
En nou binne die volgende 2 weke gaan ‘n nuwe era aanbreek met my eie home theatre, ‘n moderne Sony projektor wat op ‘n 100″ doek gaan projekteer met Dolby 5.1 surround sound (n plasma screen is net te modern vir my…). Oor ‘n paar dekades, as die toerusting nog werk, kan my eie kinders dalk memories opbou in hulle pa se home theatre. Maar wie weet wat die toekoms vir ons inhou, dalk Virtual Reality? En dan is my home theatre net my eie memories…
Ek kry die Darwin award
Why does my Home Theatre Suck?
Lengte: 21:52
Grootte: 21.6MB
Direkte aflaai
RSS Feed
