Archive for January 2007

Wat sê die reg – Uitsaaines Live

Ons het vanaand oor die stemregte van ex-pats en gevangenes gesels.

Skakels:

IEC (Independant Electoral Commission webwerf)
Voting Overseas (IEC dokument)

Gevangenes hofsaak (Konstitusionele hof)
Dubbele Burgerskap (Binnelandse sake webwerf)

DSL af

Telkom het my gisteraand die wonderlike nuus meegedeel dat ek binne die volgende 2 tot 3 weke kan verwag dat daar miskien ‘n tegnikus kan uitkom om my DSL lyn te herstel.

Ek sal gevolglik skaars wees op die kuberruim tot ten minste middel Februarie. My epos is gelukkig steeds toeganklik van my selfoon af.

Trike – CS Potgooi

Landsvlag berig in Beeld

Trike

Brosbrood resep vir die mense in die States
Lengte: 18:06
Grootte: 16.6MB
Direkte aflaai
RSS Feed

#86 Sowetan – CS Potgooi

Sowetan nuus en foto albums

Lengte: 12:50
Groote: 11.8MB
Direkte aflaai
RSS Feed

Uitsaaines Live

Woensdagaand se Wat sê die reg uitsending op Uitsaaines Live sal teen die naweek as aflaaibare episodes op www.uitsaaines.co.za geplaas word vir geregistreerde gebruikers.

Ons het gesels oor die man op straat se regte as slagoffer van misdaad, of het misdadigers meer regte?

Die afgelope week het Groundwork ‘n konferensie in Rosebank gehou oor soortgelyke kwessies. Die gevolgtrekking was dieselfde, geregtigheid is beskore vir die enkeles met baie geld om te litigeer.

Wireless – CS Potgooi

Potgooie, wêreldnuus en vryheid van spraak.

Lengte: 18:05
Groote: 17.1MB
Direkte aflaai
RSS Feed

Ek en my co-pilot …copilot

Uitsaaines Live Woensdagaand om 9:00!

Wat sê die reg sal op Woensdagaand om 21:00 (ZA tyd) wees, en nie op Donderdagaand soss vroeër aangekondig nie.

Ek en Kraai gesels oor jou regte as die spietkops jou aftrek.

The Queen

Die fliek het my laat wonder hoe dit moes voel om op 31 Augustus 1997 in London wakker te geword het. Hier in ZA het ek 6h30 die Sondagoggend (na ‘n Saterdagaandtroue) die nuus van Di se mototongeluk op my bedradio gehoor (my bedradio se alarm is van sover terug as wat ek kan onthou – ca 1979 – op ‘n nuusstasie ingestel).

Anders as met 9/11 het ek daardie tyd nog nie internet toegang gehad nie, en selfs nie eers die Sondagkoerante kon meer inligting gee nie. Ons was voorwaar aangewese op die radio gewees vir ons nuus! Somehow het die Koningin se onbetrokkenheid my heeltemal verbygegaan, die lewe in ZA het voortgegaan, dit was die tyd van JK in die Bassline, die WP teen Vrystaat op Nuweland, ons kon nie eintlik omgee of die VK se Koningin gevoelens het nie.

Sal dit egter op prys stel as iemand vir my die simboliek van die Koningin se fassinasie met ‘n gewonde takbok kan uitlê? EN, is dit – die takbok – feit of fiksie?

Pamela for Skype

Met die rekenaar springclean download ek altyd software soos Skype van nuuts af sodat ek op datum met die nuutste weergawes bly. Wel, Skype 3.0 het definitief nuttige opdaterings gehad waarvan die Pamela call recorder (addisionele download) my dadelik opgeval het, Die gratis weergawe neem tot 15 minute op en het allerhande oulike klanke wat tydens ‘n oproep teuggespeel kan word.

Springclean – CS Potgooi

Wat jy gaan hoor op die Vic Falls potgooie.
Rekenaar en huis springclean.
Casalinga restaurant.
Casino Royale, Uzak, Piano Teacher en Dirty Pretty Things.
Wat sê die reg – Uitsaaines Live op Donderdae om 21:00.

Lengte: 18:05
Groote: 16.6MB
Direkte aflaai
RSS Feed