31st October 2006, 09:52 pm
Dit is wat die weermag se verduideliking (volle berig op IOL) is vir die verlies van o.a voertuie en wapentuig uit ons vredesmag se besit in Burundi.
VOERTUIE
Verskeie Casspirs
‘n Mazda ambulans
Isuzu bakkies
‘n Brandweerwa
Versekeie Landrover Defenders
Trokke
‘n Watertenker
‘n Yamaha motorfiets
Forklifts
Verskeie Toyota Condors
Verskeie karre
‘n Trekker
‘n Mercedes-Benz Sprinter
AMMUNSIERONDTES
47 680 x 5.56mm
1 800 x 7.62mm
97 x 60mm mortierbomme
WAPENTUIG
46 R-4 gewere
3 ligte masjiengewere
2 9mm pistole
2 granate
4 R-4 magasyne
Enigeen wat Nicholas Cage se fliek Lord of War gesien het sal wonder of dit rêrig verlore en gesteel is? Van die verlore en gesteelde goedere is in die rebelle en die regeringstroepe se besit opgespoor.
28th October 2006, 12:39 am
Winex, Burgers en biblioteke.
Lengte: 22:51
Grootte: 22MB
Direkte aflaai
RSS feed
25th October 2006, 09:15 pm
Hierdie podcast het al vantevore opgeduik in my potgooie, maar laasweek se episode op 17 Oktober 2006 is definitief die moeite werd om na te luister. The Law Report gesels met Andras Riedlmayer. Riedlmayer het as deskundige getuig in die Internasionale Hof in Den Haag as getuie in die vervolging van Slobodan Milosovec met die oorlog in Bosnië. Sy spesialiteit is die ondersoek na die vernietiging van kulturele erfenisse (bv biblioteke, argiewe en plekke van aanbidding). En mens sidder as jy hoor van die grootskaalse kulturele vernietiging wat tydens die oorlog plaasgevind het.
Besoek The Law Report tuisblad of skryf in op die RSS feed, maar maak seker jy luister die 17 Oktober 2006 episode.
22nd October 2006, 12:06 am
20th October 2006, 10:53 pm
Ek praat so bietjie oor Joburg se uithangplekke. Synde Greenside waar ek bly nogal ‘n paar keer genoem word, het ek besluit om hierdie link in te sit na my suburb. Hier kan julle kyk na al die plekke wat af in ons straat (Gleneagles) is.
En natuurlik die link na Piet Botha se aflaaibare Live and Rare album. Gaan luister na Bossies.
Lengte: 18:16 17.5MB
RSS feed
Luister direk op die potjiespeler
18th October 2006, 07:54 pm
Dit werk! My support request het toe nie ‘n automated reply opgelewer nie, maar ‘n persoonlike antwoord van ene Mike. Ek beveel hierdie produk sterk aan. Laai dit af by www.wimpyplayer.com teen USD30. Jy kan ook eers die DEMO weergawe installeer om seker te maak dit werk op jou platform.
17th October 2006, 11:48 pm
Ek het die rss feed uitgesorteer en besluit om die lisensie te koop vir USD30. Nou hardloop hy nog steeds net in demo mode met die rss feed, maar werk andersins in licensed mode met die gewone player. Nou is dit wag en kyk waarmee gaan die helpline opkom. Ek verwag die ergste: ‘n automated reply wat nie die probleem gaan oplos nie.
16th October 2006, 10:56 pm
Die potjiespeler regs bo in die toolbar is nog in BETA fase en speel (nog nie) my potgooi nie. Ek sal môre aand verder werk daaraan, dit was hard genoeg werk om dit sover te kry! Uiteindelik hoop ek om my potgooie daarin te huisves sodat jy dit makliker kan luister sonder allerhande ingewikkelde RSS readers en so aan.
15th October 2006, 07:54 pm
Category:
Anyway |
Enter your password to view comments.
14th October 2006, 12:35 am
Lengte: 31MB 32:13
Direkte aflaai (regs click op die link en kies save as)
RSS Feed
Kaapsehoop
- papierfabriek
- vakansieplanne
Pablo en Mathilda
- Broodjiedief
- bedsitter Tilla
Feedback
- JMPD maak orals skoon
- Insig Cyber CD
Podcast News
- Remarkable Palate: beer and cheese tasting
- Podcast copyright
Cybersakkie Law in Engels
- Kyk uit vir die doodstraf Cybersakkie Law
Bicycle maintenance
Flieks
- WTC
- Devil wears Prada
- Black Dahlia
Boeke
- Orhan Pamuk
CD’s
- Cyanide in the Beefcake
- Brixton moord en roof orkes
Gadget of the week
- Sunvisor DVD player
Boks by Emperors