30th September 2006, 09:34 pm
JMPD poephol op funride
ChampionChip VX5454D
Winningtime 90348908
Insig cyber CD op ritmeplate
Lê deur die draaie as jy verby moet vat – Brixton moord en roof orkes
Graperadio podcast of the year
New York Minute Show 5th Avenue podcast
iStore en intel dual core
Lengte: 13MB 14:16
Direkte aflaai (regs click op die link en kies save as)
RSS Feed
25th September 2006, 08:58 pm
Na die naweek se vergrype aan rooivleis by die skoonouers, het die groentesosaties in Woolies my oog gevang. Ek reken toe dit sal goed afgaan met ‘n pork fillet . Maar saam met die sosaties was daar ook ‘n paar tiemietakkies wat saam met die fillet op die Weber beland het. Kort voor lank ruik ek ook hoe die tiemietakkies begin smeul, baie aromaties. Maar die verrassing was die pork fillet, die tiemie het só lekker daar ingetrek. Kan dit definitief aanbeveel, veral dalk saam met iets meer wilds soos bosvark fillets.
25th September 2006, 08:51 pm
Die langnaweek het Vrydagaand begin met ‘n besoek aan Cornel om my fietsdrarak te gaan haal. Hy was ons toe so bietjie in sy voortuin rond en daar stamp ek my maermerrie net onder my knie des moers teen ‘n kraan in die donker.
Saterdag kon ek die pyn nog tot so mate verduur dat ek ‘n nuwe spoedrekord met my fiets opgestel het van Volksrust na Wakkerstroom (31.2 km/h AVG oor 30km). Maar Sondagoggend kon ek skaars die clutch intrap oppad apteek toe. By die apteek aangekom vra ek vir Reparil gel om die inflammasie aan te spreek. Die apteker sê toe nee, hulle het hulle eie brousel genaamd Magnapyn wat ek moet probeer.
En dis nou die “bloekom in ‘n botteltjie” wat soos ‘n bom gewerk het. Soos ek vanaand hier sit en tik, kan ek nie glo dis skaars gisteroggend wat ek so in pyn verkeer het nie! Die pyn is weg, heeltemal!
23rd September 2006, 12:58 am
Die tweede grootste gebod
Lengte: 13MB 14:11
Direkte aflaai (regs click op die link en kies save as)
RSS Feed
17th September 2006, 12:05 am
13th September 2006, 10:04 pm
My google kontak
African
Top Star maak toe
Gelderblom Parsons – Veertig
Lengte: 12.2MB 13:16
Direkte aflaai (regs click op die link en kies save as)
RSS Feed


10th September 2006, 01:13 am
Fietsry in Magaliesburg
Johann Botha – Tweede beweging en vroue in musiek
Gelderblom Parsons
- Dis net soms
- Elders
Apple editing software
Lengte: 22MB 22:55
Direkte aflaai (regs click op die link en kies save as)
RSS Feed

3rd September 2006, 09:13 pm
Die afgelope week sien ek op Cyclelab se website die funride by Montecasino en besluit dadelik om deel te neem synde die Merida nou nog nie eintlik die oop pad ervaar het nie. Gelukkig is die somer nou op ons, en was dit nie te koud om 7h00 aan te tree by die wegspring nie. Nou is ek eers bly ek het nie ‘n Raleigh gekoop nie, elke tweede fiets op die pad is ‘n Raleigh! Nie een ander Merida gesien nie… En ek is eers bly vir die Shimano 105 10 speed group set. By die opdraendes sit jy hom in die heel laagste rat en werk hom dan so geleidelik op boontoe. Praat nie eers van die afdraendes nie, vanoggend se max was 74.3 km/h. Totale tyd oor 49km: 2:05:37.
2nd September 2006, 11:03 pm