Archive for June 2006

Shimano 105, maar op watter fiets?

So die versekering betaal toe mos nou die dag my eis uit vir die 4 fietse wat gesteel is, en ek betree die nuwe fietskoper mark met trepidasie (help my asb uit wat is die Afrikaans vir trepidation?). Gou kom ek agter dat Shimano 105 nog bestaan 17 jaar later, en fietspryse het meer as vervierdubbel!

Die eerste winkel in Benoni wat ek (uit lojaliteit) besoek het net Giant en GT fietse, en ek besluit om eerder na een van Johannesburg se grootste fietshandelaars, Westdene Cycles, te gaan. Hulle keuse is verbysterend – Giant, GT, Fuji, TREK, Avalanche, Raleigh ens. Noem dit en hulle het dit. En natuurlik Shimano 105 op omtrent enige model van jou keuse.

Maar nou is die versoeking groot om ‘n fiets met Campagnolo (die koning van groupsets) te koop, want sien daar is ‘n Raleigh model met volledige Campagnolo group- en wheel set wat van R14000 afgemerk is na R8000. Maar my budget is eintlik R7000. So wat gaan dit wees, Shimano 105 of Campagnolo? Watch this space…

Die buitelewe oorlog het begin…

Eendag was daar die Getaway. ‘n Engelse tydskrif wat vir lank die enigste keuse vir goeie buitelewe nuus en artikels was.

21 Maande terug bring Media24 Wegbreek uit, die eerste Afrikaanse buitelewe tydskrif. Getaway sleep hulle hof toe en uiteindelik skik hulle en sê hulle sal die naam verander na Weg.

Hierdie maand verskyn die Wegbreek, Getaway se poging om ‘n Afrikaanse vertaling van hulle Engelse tydskrif uit te gee. Dink vir jouself of hulle sprankel kan hê…

En terselfdertyd: go! Weg se Engelse eweknie uit die Media24 stal.

Is daar plek in ons tydskrifmark vir 4 buitelewe tydskrifte? Getaway moes iets doen om hulle lesers wat deur Weg afgerokkel is terug te wen. Maar gaan hulle by Weg kan kers vashou wat nie net buitelewe nuus bied nie, maar meer nog, ‘n uitstekende leeservaring in Afrikaans.

Een ding is seker, êrens spandeer mense geld op die lees van Afrikaans, geen ventilator hier nie…

Sirkulasiestatistieke vir Januarie tot Maart was:

Weg: 98,917, op van 84,912
Getaway: 78,261 af van 109,719

Spioen – Potgooi

Die rol van die spioen as Hero

Potgooi #55

‘n Jaar van Potgooi

Afrikaners is plesierig

Afrikaners is plesierig

Potgooi #54

Op soek na ‘n Chinese teestelletjie

Potgooi #51c – Die Potgooi Onderhoud Deel 3

Die finale aflewering van die RSG Potgooi onderhoud, hierdie keer ook met Attie uit London.

Potgooi #53a

Regstelling – Valiant konsert aankondiging was korrek
Parys
The Godfather

Potgooi #53

Valiant se konsert
Cool Runnings
Zippo en Maglite

Potgooi #52

Ek en Charles gesels oor dinge, die eerste deel van die gesprek word op sy potgooi gepubliseer.