Archive for March 2006

Potgooi #42

Moddereiland Potgooi – Johan de Vries
1. Mathilda die Airedale
- ongelukswenke
2. Soulsa – Melville – Ryan
3. Tikka curry Paste
4. Vroee herfs

Potgooi #41

Die vreugde van Airedales!

Night of the proms!
Cybersakkie Law – Justin Nurse, die handelsmerk ateis
Machiel en Charlene potgooi
Tips for travellers

Flieks op Charlene se aanbeveling
- Crash
- Derailed

Nokia 9300i selfoon
Google define search – peremptory

Alternative universes
- Hoftolk
- My bydraende nalatigheid of iemand anders s’n

Cybersakkie Law

Ek launch vandag op 21 Maart 2006, Menseregtedag in Suid Afrika, die Cybersakkie Law potgooi. Skryf daarop in by http://feeds.feedburner.com/cybersakkielaw

Hier bespreek ek interessante hofsake en ook die reg in die algemeen.

Luister hoe Laugh It Off dit reggekry het om SAB in die konstitusionele hof ore aan te sit. En leer ook meer oor hoeveel liters Black Label bier verkoop word!

Kyk ook na die volgende skakels op die web:
Konstitusionele Hof
Laugh it off hofsaak
Wie het betaal vir die saak
Laugh it Off se website
SABMiller

Uitsaaines Live

Raymond Greenberg is ‘n ware pionier met Afrikaaanse musiek. Hy het onlangs begin met ‘n lewendige Afrikaanse musiekinternetradiostasie (wat ‘n mondvol!).

Ek luister dit op iTunes, dis so maklik soos om op Advanced, Open Stream te gaan en die volgende adres daar in te sit: 72.29.81.61:8000

Die huidige stroomtye is as volg – in die belangrikste stroomsentra in die wêreld:

ZA
NAWEEK UITSENDINGS
Sat aand, 20:00 – 22:00
Sondag oggend 11:00-13:00
Sondag aand 20:00-22:00
WEEKLIKS
Man-Vry, 20:00-22:00

UK
NAWEEK UITSENDINGS
Sat aand, 18:00-20:00
Sondag oggend 9:00-11:00
Sondag aand 18:00-20:00
WEEKLIKS
Man-Vry, 18:00-20:00

US – Florida
NAWEEK UITSENDINGS
Saterdag middag, 13:00 – 15:00
Sondag oggend 04:00-06:00
Sondag middag 13:00-15:00
WEEKLIKS
Man-Vry, 13:00-15:00

Australië – NSW
NAWEEK UITSENDINGS
Sondag oggend, 04:00 – 06:00
Sondag aand 19:00-21:00
Maandag oggend 04:00-06:00
WEEKLIKS
Din-Sat, 04:00-06:00

Europa – Benelux etc.
NAWEEK UITSENDINGS
Sat aand, 19:00 – 21:00
Sondag oggend 10:00-12:00
Sondag aand 19:00-21:00
WEEKLIKS
Man-Vry, 19:00-21:00

Potgooi #40

1. Mieeelieeees!
2. Proteus
3. Petronel Malan
4. Bene mineraalwater

Potgooi #39

Wyn en Gramadoelas
Moyo by Zoo Lake
Zuma ondersteuners wangedrag

Potgooi #38

Picasso kunsuitstalling
Petronel Malan klavieruitvoering
CBD Revival
Oscar aand
Kragonderbrekings
DVD teater
Reën in Namibia – Sossusvlei onder water

Airedales in die Koppies fotos

Na ons kruisies getrek het in die plaaslike regeringsverkiesing het ons die Melville koppies aangedurf saam met Mathilda en Pablo. Die koppies is letterlik ‘n oase in die betonoerwoud omtrent 5 km van ons huis af. En Mathilda verdien hier eie plekkie in die blog…

Click hier vir fotos

Mathilda in die koppies

Namibia Potgooi #9

Dit was lekker, maar dis nou verby. Hier volg die laaste Namibia Potgooi, regstreeks uit Kolmanskop. Ons toergids gee jou die 20 minute opsomming van die diamantspookdorpie se geskiedenis.

Die kompetisie is nou oop vir inskrywings. Die prys is twee handgekerfde houtkerskandelare uit Walvisbaai, sien die foto hieronder. Al wat jy moet doen is om net te laat weet wat jy gedink het van die Namibia Potgooi reeks. Ek sal gelukkige trekking hou en oor ‘n week die wenner aankondig in die Cybersakkie potgooi.

potgooi prys