Archive for February 2006

Leef 7 minute langer

Êrens het iemand een keer gesê dat jy 7 minute by jou lewe voeg as jy iets nuuts eet.

Vanaand het ek en Ané dit gedoen by Abyssinica in Melville, ‘n eg Ethiopiese restaurant.

Abyssinica onderskei hom van ander restaurante met sy eetgerei, of eerder die gebrek daaraan. Ons gasheer, Wondu Tesfaye, het verduidelik dat jy die kos met ‘n rysbroodrolletjie uit jou bord skep en daarmee saam eet. Die geregte bestaan uit beef blokkies en ‘n verskeidenheid van gekookte kool, spinasie, beet en sweetpea geregte. En natuurlik is daar ‘n dedicated wasarea vir jou hande.

Gaan maak gerus ‘n draai by die ou Sam’s perseel in Melville en leef 7 minute langer!

Potgooi #37

Ek en Charles verf Johannesburg rooi!

HIerdie is deel 1 van die potgooi, Charles publiseer deel 2 live uit Newtown!

Newtown inligting van die www.joburg.org.za website

Namibia Potgooi #8

Duwisib kasteel
Luderitzbucht
Kaap Kruis
Kolmanskop
Keetmanshoop
Ai Ais

Tips for travellers podcast

As enigeen al hierna geluister het, lewer asb kommentaar, my spasie is bietjie skaars hierdie maand om op nog ‘n nuwe podcast in te skryf…

Tips for travellers podcast

Cyber attack!!!

Hulle jag my uit San Diego uit met ‘n Trojan Horse!

Cyber attack

Hoe meer dinge verander…

Hoe meer bly dit dieselfde.

My gunsteling radio omroeper op RSG, Johan Botha, het Maandagaande van 9-12 twee uitstekende programme naamlik Die Tweede Beweging en Botha Blues. Omdat dit tot so laat aanhou kom ek nie daarby uit om dit te luister nie. Soos ek nou hier sit is Piet Botha by hom in die ateljee (onthou jy kan ook online luister).

Maar ek dwaal af. In die ou dae het ons met 60 en 90 minuut kassette (wat halfpad omgedraai moes word) radio opgeneem om later te luister. Raai wat? Nou neem ek dit met audacity se line-in op en gaan wonderlike luistermateriaal op my iPod in my kar hê vir die res van die week!

Potgooi #36

Valiant.co.za
Carlos Fuentes
Google sensor voorstel
Sasol
Vroulike wêreldleiers
http://www.filibustercartoons.com/charts_rest_female-leaders.php
http://www.terra.es/personal2/monolith/00women5.htm

Namibia Potgooi #7

Ontbyt saam met Jörgen by Duwisib. (50MB / 52 minute)

Potgooi #35

Dieremaniere
Dogwalk.co.za

Namibia Potgooi#6

Hierdie is vir my een van my lekkerste Nam potgooie! Op 30 Desember 2005 het ons gesels oor:
- Die Potgooimasjien oorleef blouskerms
- Rudi en David in die Walvisbaai Bar
- Kamp Staaldraad (Sesriem)
- Walvisbaai na Solitaire op die C14: 230km
- Duin 45
- Tony se toer na Dooievlei
- Die tannie van Malmesbury
- Karravrugte en volstruise
- Big Mamma en Big Daddy duine
- Kuiseb, Gaub en Zarispasse
- Jorgen van Duwisib Rest Camp
- Paaie in Namibia
- Maltahöhe hotel
- Ons huisie by Duwisib Rest Camp