30th October 2005, 10:49 pm
Potgooi # 21 Notas
1. WineX 2005
2. Graperadio
- Episode 24/10/2005 Napa Rose restaurant in Disney World
- 70 soorte wyn by die glas @ $35 / glas
3. Podsafe music
- E-mail aan SAMRO nav kraai se royalties aanmoediging. Week later en geen reply nie.
4. PADD
- kommunikasie met National Energy Information Center oor Petroleum Administration Defence Districts
5. Diens in SA vs diens in VSA
6. Mikro skool hofsaak
Kommentaar daarop in die Vrye Afrikaan
29th October 2005, 11:05 pm
Die ultimate roadhouse sal maar altyd vir my die Luna Plaza in Benoni bly. Wimpie was hierdie week in JHB vir Winex en het ons vandag met die huurmotor (‘n lieflike Mitsubishi Outlander) rondgery. Dit het op sy aandrang ‘n besoek aan die Luna Plaza ingesluit vir boerewors dogs, dagwoods en die beste milkshake in die wêreld. En dit was presies dieselfde en net so lekker soos 20 jaar gelede toe ons nog op skool was…
25th October 2005, 07:30 pm
Vanaand net na 6 oppad om met die hondjies te gaan stap luister ons toe mos die tegnologie update op Radio Sonder Grense (die nasionale Afrikaanse radiostasie). EN wat bespreek hulle: Afrikaanse potgooiers. Sê selfs dat mens daarna kan gaan kyk op www.potgooi. net! Attie en kie, maak reg vir hope ekstra luisteraars…
Nou was ons potgooiers al in die nasionale koerante (Rapport) en radio (RSG). Ek probeer hard om ons in die SA Computer Magazine te kry, en sal laat weet as dit gebeur het.
24th October 2005, 11:16 pm
Daar’s nuwe fotos op die Coppermine gallery. Hierdie een hieronder haal egter die blog, dis ‘n firefox advertensie op ‘n brug geverf buite Volksrust – in die middel van nêrens. Why?

23rd October 2005, 10:52 pm
Hierdie is ‘n mobiele potgooi wat ek opgeneem het op die pad tussen Pomeroy en Newcastle.
1. Pomeroy, Imbalenhle AGM
2. Dundee Miami Shop
3. Hlophe uiteinde
4. IOL en News24 op die Internet Wayback Machine (sien Potgooi #13)
5. GrapeRadio podcast
6. Farmer’s Brewery, Dannhauser
15th October 2005, 05:40 pm
Volg hierdie link vir my fotos van ons Jakaranda strate.
15th October 2005, 05:06 pm
Na ons in 1999 van Europa af teruggekom het, kon ek toebroodjies van sliced bread net nie meer in die oë kyk nie. Dis nou die toebroodjies wat ek vir my en Ané maak om elke oggend saam werk toe te vat. Maar gelukkig het daar op die trein van Napels na Venisië ‘n nuwe toebroodjie die lig gesien – en dit was nie van gesnyde brood nie! In ‘n klein supermarkie op Capri het ek die vorige dag 3 Ciabattas gekoop saam met 6 plakkies kaas en 5 viennas. Die Italianers wat die treinkompartement met ons gedeel het, het my ongelowig uit die hoek van hulle oë dopgehou soos wat my toebroodjie gestalte gekry het met die hulp van my Swiss Army Knife. Vandag se tyd roep hulle seker die polisie as jy jou mes in die trein oopmaak. Ek jok nie as ek sê die viennas is 4 keer in die lengte gedeel nie. En ja, ‘n een liter Coke uit die plastiekbottel is net die ding om saam met ‘n harde Ciabatta te nuttig.
Deesdae is dit weliswaar French Baguettes in plaas van Ciabattas, want dis sagter en makliker om te maak, maar in my lewe wil ek nie weer ‘n toebroodjie van sliced bread sien by die werk nie.
15th October 2005, 04:33 pm
1. Jakaranda strate
- sekuriteitspatrollie
- Maputo foto ondervinding
- Washington DC fotos in die mall – die shopping mall
2. Land Grab Starts
- Grondeisekommissie beteken kennisgewing van voorneme om te onteien op Leeuwspruit plaas se eienaar
- Wysiging aan Restitusie van Grondregte wet – onteiening van grond sonder hofbevel
- Wat was die law voorheen
3. ‘n Regter aangekla
- RP van Wes Kaap John Hlophe
- Regterlike dienskommissie ondersoek Maandag
- Rassisme op die regbank
- Citizen berig
4. Lewerkoek resep
Bestandele: 1 eier, 500g oslewer, 4 eetlepels meelblom, 4 eetlepels melkpoeier, crushed garlic, baker’s yeast
Metode: Voedselmenger – meng 1 eier, gooi repies lewer by en meng kort kort, roer droe bestanddele by
Bak: versprei eweredig oor waspapier oor bakplaat en bak teen 180 C vir 30 minute
Bewaar: Sny op in blokkies so groot soos woef se neus en vries in klein sakkies.
Porsies: 6 sakkies vol smullekker happies – ontvries voor gebruik!
9th October 2005, 09:48 pm
1. Gauteng Law Council AGM
- Pius Langa
- George Maluleke
- George Bizos on Zimbabwe
- rule of law vs Rule by law
2. Crazy Monkey – Straight outta Benoni
- Mweb movie podcast feed
3. Swing
4. Panasonic camera FZ5
2nd October 2005, 04:41 pm
Ons was Saterdag en Sondag by Aardklop in Potchefstroom gewees en het die iPod voice memo recorder gebruik om ‘n paar memories vir julle te bring.
Ané maak vir die eerste keer ‘n guest appearance – as julle haar weer wil hoor is dit suiwer back by popular demand. Stem asb vir ‘n hit of ‘n miss by die comments hieronder!
Ons praat oor Helena Hettema, Zorada Temmingh, DNA Strings en Ariel Ramirez.
Die shows wat ons gaan sien het was van hoogstaande gehalte en die kunstenaars professioneel. Die lae gehalte van die iPod voice recorder laat nie reg aan die musiek geskied nie. Bestel gerus ‘n CD as jy van iets gehou het. Of nog beter, gaan volgende jaar self Aardklop toe.
Hierdie is die beloofde links:
Aardklop
Helena Hettema
Zorada Temmingh
DNA Strings
Ariel Ramirez