Archive for the ‘Reiservarings’ Category.

Naweek weg na die renosters

Met laasweek se langnaweek het Ane voorgestel dat ons kampeer en ek het besluit op Ngomo Lodge – grotendeels omdat die tente permanent was met en suite badkamer en kombuis met microwave en kragpunte. Maar geen selfoonsein nie…

Die Ngomo Lodge vorm deel van die groter Rhino & Lion Reserve. Dit was natuurlik ook ‘n opvoedkundige uitstappie vir Inge om die eerste keer in haar lewe so baie wilde diere te sien wat wild rondloop. Wie weet of daar nog renosters gaan wees as sy klaar is met skool?

Die Wondergrotte is op dieselfde reservaat gelee en dit is die moeite werd om vroeg te gaan voor die skares arriveer. Ons toergids, Kim, was bloedjonk, maar baie oulik en geduldig met Inge wat saam al die trappe en die hysbak moes afgaan. Ek beveel die brekfisrolletjies en koffie by die kafeteria sterk aan – net die ding na mens grotte gekyk het 9 uur in diie oggend.

Die lion feeding was egter ‘n anti klimaks – hulle drom so saam rondom die arme karkas dat jy net sterte sien. Nie eers die moeite werd om ‘n foto te plaas nie alhoewel al wat ‘n toeris tougestaan het met hulle karre om te loer.

Die beste van alles – dis minder as ‘n uur se ry van Johannesburg af!

Chocolate

Ek hou van sjokolade. Goeie sjokolade. Daar was ‘n tyd in my lewe wat goeie sjokolade Cadburys (versus Nestle of Beacon) was. My smaak het gevorder na Lindt. Maar na Patagonië, Argentinië is al hierdie variëteite power mededingers. Want eintlik is enigiets anders as sjokolade uit Bariloche/El Calafate maar net gestolde kakao gegeurde melk. Sjokolade is iets anders.

Probleem is dat ek na ‘n lank soektog nie goeie sjokolade in Johannnesburg kon opspoor nie. Ek het wel ‘n goeie idee gekry van sjokolade pryse in my soektog. So, hier is die run down:

1. Cadburys = R72 / kg
2. Geldof = R199 / kg
3. Lindt = R314 / kg
4. Chocolate Cafe (Sandton City) = R1500 / kg

Die sjokolade in Patagonië wissel tussen R175 / kg – R230 / kg. Daar is sjokolade supermarkte op elke straathoek in Bariloche. In El Calafate is daar meer intieme winkels wat al vir dekades deur ‘n familie bedryf word.

Sjolokade in Patagonië link

Nog ‘n mening oor sjokolade

Chocolate

Sjokolade in Bariloche

CS Reis – Hue, Viet Nam

saigonOpgeneem in die strate van Viet Nam op 22 Desember 2009.

Saigon

Dis seker onregverdig om Saigon met Ha Noi te vergelyk, maar tog moet ons – dit is immers die twee hoofstede van Viet Nam! en enigeen wat in Viet Nam was sal sonder aarseling kan se watter stad die laaste aan hulle hart le. Vir my was dit Ha Noi, maar ek het reeds genoeg daaroor gepraat.

Saigon is modern, groot en neonbelig. In die aand is daar meer liggies aan die bome  en oor die strate as wat ek in Jhb van ouds of selfs New York met Kersfees gesien het. En deesdae is dit LEDs wat in massas gehang word en ‘n skouspel van feestelikheid afgee. Eers dan verstaan jy waarop sinspeel ” One Night in Saigon” .

Maar daar is ook ‘n minder feestelike kant van Saigon. Die War Remnants Museum se uitstalling skok jou tot in jou diepste wese as jy eerstehandse vertellings lees van Vietnamese oorlogslagoffers. Die statistieke van verwoesting wat Agent Orange oor die hele land gesaai het, sink nie dadelik in nie, maar as dit doen, is dit verbysterend. As jy oorlog souvenirs jou ding is, het jy by die regte plekke aangekom. Hier kan jy dog tags en gegraveerde Zippo lighters met gesegdes soos ” we make war today so that our children can have peace tomorrow” .

NHA TRANG

Die vakansiestad van die locals. Ons het die oggend in die modderbaddeens gespandeer gekombineer met ‘n mineraalbad en ‘n massage. Die mark in Nha Trang is sekerlik een van die beter georganiseerdes.

HON ONG

Ook bekend as Walviseiland, maar die walvisse is baie lanklaas langs hierdie kuslyn gewaar. Dit het ‘n volle 11 ure per bus geneem om hier te kom en daarna nog 30 minute per boot na die eiland. Hier is geen besienswaardighede nie, net see strand en son.
Die toergroep het n secret Santa gereël vir Kersdag. Elke ou het ‘n naam uit die hoed getrek vir n geheime kersgesenk. My geskenk was 2 Vietnamese houtskool skilderye.
Die snorkel uitstappie was minder opwindend. Die boot het ‘n uur uitgevaar na die koraalriwwe vir 30 minute se snorkel. Baie mooi koraalriwwe, maar amper geen visse nie.
Môre gaan ons aan na Saigon en miskien sien ons die Cu Chi tonnels.

Hûe

Die pols van Viet Nam se imperiale hoofstad klop stadiger as Hanoi. Om hier te kom het ons die Reunification Express trein se slaapwa geneem. Die karakters in my Stephen King audiobook het oor die loop van die 6 ure wat ek geluister het, al meer in die knyp gekom. Teen 4 uur die oggend was dit egter tyd om hulle n ruskans te gee terwyl ek verlore slaap probeer inhaal het.
Hue het erg deuregeloop in die Amerikaanse oorlog, maar die afgelope paar dekades het UNESCO en ander internasionale organisasies baie geld hier ingesit om die Citadel en ander historiese plekke te restoreer. Dis hartseer as mens sien hoe n oorlog n land se historiese naletenskap kan vernietig.
In die dorp self is n besoek aan Phom Ngu Lao straat n moet. Ons whet daarop afgekom met ons besoek aan La Carambole restaurant (hoogs aanbevole). Terwyl Ane in Hue Silk n paar uitrustings uitgesoek het, whet ek alleen in die straat afgedwaal en nie minder nie as 3 aanbiedings van dames van die nag se pimps te beurt geval. n Kerel op n skoeter whet n girl se boud gegryp en daar is vir my mariuana aangebied.
Hue se swak punt is die weer. Dis nat en koud. Maar afgesien daarvan n baie gesillige plek om rond te loop.

HANOI

Ons word nie meer baie vir ‘n ride gevat nie, maar gister op die lughawe was dit nou letterlik en figuurlik ons beurt gewees. Die vasgestelde taxi prys na die stad is USD15, maar ons taxi sit toe sy meter aan en ons moes USD50 opdok. Om belediging by die besering te voeg laai hy ons 3 blokke van die hotel af. Agterna vind ons uit hoekom, die hotelportiere vat nie nonsens van taxis nie.

Hanoi se strate is oorweldigend, nog nooit het ek so baie skoeters en so min padtekens of robotte gesien nie. Die verkeer vloei onophoudelik, en as jy n straat wil oorsteek, loop jy eenvoudig net oor. Al die skoeters en karre ry net stadiger en rondom jou. Moet net nie in die middel van die straat stop nie, dan is daar chaos…

Al ons hotelle het blykbaar internet (en dis gratis) dus behoort ek gereeld ietsie te kan update. Behalwe môre-oggend. Vanaand 11 uur klim ons op die Reunification Express vir n 12 uur rit na Hue. En ons is gewaarsku om maar die slaapsakke te gebruik.

CS Reis – Ponta D’Ouro

Ons langnaweek by Ponta D’Ouro in Mosambiek

Los gerus jou kommentaar hieronder…
Lengte: 22:04
Grootte: 22MB
Direkte aflaai
RSS Feed

CS Travel – Mumbo Eiland

Mumbo Eiland

Die tweede Malawi potgooi
RSS: CS Travel
Download: http:/cybersakkie.co.za/podcast/malpot2.mp3