Archive for the ‘Anyway’ Category.

Dag vir dag

Ons vat dit maar dag vir dag met Mathilda. Haar lewer ensiem telling is af van 16000 na 8000 (normaal: 10-20) maar sy is baie swak, maar nie in pyn nie. Môre kry ons haar lewersel resultate wat hopelik gaan wys wat gaan daar aan. Vanaand slaap sy by die huis – hulle kan regtig niks vir haar doen by die hospitaal nie.

Mathilda is ernstig siek

Dit het Dinsdagnag begin. Mathilda was rustelooos en het in die nag na die verste hioekie van die tuin gegaan om weg te kruip. Ane het my 3 uur die oggend wakker gemaak om Mathilda te help soek, waar ek haar daar gekry het. Sy het die heel eerste afspraak van die oggend by die vee arts gehad wat haar dadelik in die dierehospitaal opgeneem het en op ‘n drip gesit het.

Later in die dag het ons uitgevind haar lewer ensiem telling is abnormaal hoog. Vanaand het die veearts laat weet dat ons die ergste moet verwag.

Natuurlik hoop ek dat Mathilda nog nie al haar lewens opgebruik het nie, maar hierdie keer lyk dit baie ernstig. En mens wonder onwillekeurig oor baie dinge, wat elke keer daarna terugkeer of jy nalatig was om na haar te kyk. Ek kan nie dink aan iets wat ons oorgesien het nie. Dit is waarskynlik gif wat haar lewer laat ingee, en ons laat nie gif rondle by die huis nie. Het iemand dit oor die muur gegooi? Ons sal seker nooit weet nie.

Mathilda, ons spitsgesiggie, ek dink aan jou waar jyvanaand  in die dierehospitaal le. Byt vas.

Oranje Boven!

Oranje Boven!

Oranje Boven!

Wie lyk die meeste selfversekerd? Ek of swaer Hans…

CS Potgooi #172 – Wereldbeker update

Oor die wêreldbeker, wat anders!

Die pad na Ellispark

waar ek nog net rugby gekyk het tot nou toe. Maar Vrydagmiddag 16:00 is dit ons live game. Die VSA teen Slowenië. En ons het so bietjie sokker inkopies gedoen b die Oriental Plaza gisteroggend.

Sokkerdrag

Sokkerdrag

Die iPad onthul

Powerpress v Podpress

Deur die loop van die dag het ek gisteraand se potgooi.co.za skakels wat gisteraand opgelaai is gaan toets. Met dié kom ek agter dat die podpress player nie meer werk nie. Moenie my vra hoekom nie, maar ‘n soektog op die internet het aan die lig gebring dat podpress baie ongereeld opdateer word. Daar is ook baie aanpasbaarheidprobleme met nuwer weergawes van WordPress.

In ‘n paar gebruikerforums is Blbrry Powerpress aanbeveel, en ek het besluit om dit op die proef te stel. Ek is baie beïndruk! Die wordpress data invoer paneel is baie eenvoudiger , maar die beste van alles is dat dit werk. Daar is ook metodes om jou podpress episodes in te voer na powerpress, maar omdat ek eers onlangs begin het om podpress te gebruik, was dit nie nodig nie, en het ek dit nie uitprobeer nie.

Dis baie maklik om powerpress te installeer. As jy op die nuutste weergawe van wordpress is, gaan bloot na plugins en add new. Soek vir powerpress en volg die instruksies. Ek beveel dit aan.

Stem NCD

Uiteindelik, ‘n gebalanseerde keuse vir die besluitlose kieser.

ID Fotos

Met ‘n skok kom ek hierdie week agter dat my bestuurslisensie oor ‘n week verval. Tyd is deesdae by my ‘n skaars kommoditeit en met die besluit ek om vanmiddag na ek kliënte gesien het gou by Eastgate te laat fotos neem vir die nuwe lisensie. Maar daar gekom is die winkels besig om toe te maak en wou niemand my meer help nie, want o weë, die hemele gaan op ons val as ons 5 minute later moet toemaak.

Redelik mismoedig ry ek toe maar via die bergpad (Sylvia’s Pass) terug Johannesburg toe. Op Louis Botha Rylaan merk ek toe ‘n paar internet kafees wat nog oop is. Die van julle wat die wêreld daar rond ken, sal weet dat dit ‘n deel van die stad is waar jy liefs nie na donker rondloop nie, maar duty was calling.

Groot was my verbasing om met ‘n groot glimlag gehelp te word. Derde wêreld styl met ‘n digitale kameratjie en ‘n Sony portable print kiosk, maar 10 minute later stap ek daar uit met 8 ID fotos vir R30.

Gewapen met my ID fotos gaan ek dus môre die lisensiekantore aandurf…

Hoekom ‘n single Valentine’s special?

Los jou raaiskoot in die comments…

Valentine's special

Valentine's special