Mathilda is fine
Na al die bekommernis die afgelope 2 weke is Mathilda nou besig om te herstel. Dankie vir almal se goeie wense, sy het geluister.
Welkom by my cybertuiste!
Archive for the ‘Anyway’ Category.
Na al die bekommernis die afgelope 2 weke is Mathilda nou besig om te herstel. Dankie vir almal se goeie wense, sy het geluister.
Die afgelope 3 dae by die huis het Mathilda die wêreld se goed gedoen. Dinsdag kon sy skaars opstaan maar teen vandag het sy self begin eet en spandeer meer tyd wakker en aan die rondloop as wat sy in die bed lê. Sy het ook vandag haar opvolg afspraak by die spesialis gehad en haar ALT telling is af na 6000. Nog steeds geweldig hoog, maar die afname van 16 000 af wys haar lewer is besig om te herstel. Sy is nou op ‘n spesiale diëet en drink baie pille, maar daar is hoop. Vanaand ‘n week terug het die veearts gereken sy het dit gehad, maar nou lyk dit of sy dit gaan maak. Die donker randjie om die silwer wolk is dat ons nog steeds nie die lewerselresultate het wat sal wys of haar lewerprobleem omkeerbaar is nie.
Ons vat dit maar dag vir dag met Mathilda. Haar lewer ensiem telling is af van 16000 na 8000 (normaal: 10-20) maar sy is baie swak, maar nie in pyn nie. Môre kry ons haar lewersel resultate wat hopelik gaan wys wat gaan daar aan. Vanaand slaap sy by die huis – hulle kan regtig niks vir haar doen by die hospitaal nie.
Dit het Dinsdagnag begin. Mathilda was rustelooos en het in die nag na die verste hioekie van die tuin gegaan om weg te kruip. Ane het my 3 uur die oggend wakker gemaak om Mathilda te help soek, waar ek haar daar gekry het. Sy het die heel eerste afspraak van die oggend by die vee arts gehad wat haar dadelik in die dierehospitaal opgeneem het en op ‘n drip gesit het.
Later in die dag het ons uitgevind haar lewer ensiem telling is abnormaal hoog. Vanaand het die veearts laat weet dat ons die ergste moet verwag.
Natuurlik hoop ek dat Mathilda nog nie al haar lewens opgebruik het nie, maar hierdie keer lyk dit baie ernstig. En mens wonder onwillekeurig oor baie dinge, wat elke keer daarna terugkeer of jy nalatig was om na haar te kyk. Ek kan nie dink aan iets wat ons oorgesien het nie. Dit is waarskynlik gif wat haar lewer laat ingee, en ons laat nie gif rondle by die huis nie. Het iemand dit oor die muur gegooi? Ons sal seker nooit weet nie.
Mathilda, ons spitsgesiggie, ek dink aan jou waar jyvanaand in die dierehospitaal le. Byt vas.
Oor die wêreldbeker, wat anders!
Deur die loop van die dag het ek gisteraand se potgooi.co.za skakels wat gisteraand opgelaai is gaan toets. Met dié kom ek agter dat die podpress player nie meer werk nie. Moenie my vra hoekom nie, maar ‘n soektog op die internet het aan die lig gebring dat podpress baie ongereeld opdateer word. Daar is ook baie aanpasbaarheidprobleme met nuwer weergawes van WordPress.
In ‘n paar gebruikerforums is Blbrry Powerpress aanbeveel, en ek het besluit om dit op die proef te stel. Ek is baie beïndruk! Die wordpress data invoer paneel is baie eenvoudiger , maar die beste van alles is dat dit werk. Daar is ook metodes om jou podpress episodes in te voer na powerpress, maar omdat ek eers onlangs begin het om podpress te gebruik, was dit nie nodig nie, en het ek dit nie uitprobeer nie.
Dis baie maklik om powerpress te installeer. As jy op die nuutste weergawe van wordpress is, gaan bloot na plugins en add new. Soek vir powerpress en volg die instruksies. Ek beveel dit aan.
Uiteindelik, ‘n gebalanseerde keuse vir die besluitlose kieser.
