Wakkerstroom Otters

Die afgelope naweek het ons in Wakkerstroom die Cape Clawless Otter raakgeloop by die voël uitkykpunt. Dit was heel raar want hulle is eintlik nagdiere…

Monday, March 8th, 2010 My Potgooinotas No Comments

CS Potgooi #163 – Biker?

Al weer ekke

Saturday, February 27th, 2010 My Potgooinotas 4 Comments

CS Potgooi #162 – Update

Ek’s terug!

Friday, February 12th, 2010 My Potgooinotas 3 Comments

Viet Nam fotos

Die fotos is op…

Click op die Viet Nam albums

Friday, January 15th, 2010 Fotos No Comments

CS Potgooi #161 – Hue, Viet Nam

saigonOpgeneem in die strate van Viet Nam op 22 Desember 2009.

Monday, January 11th, 2010 My Potgooinotas, Reiservarings, Viet Nam No Comments

KLIA II

HIer is ons weer – wagtend by gate 36 om terug te keer na ORTIA. Die amper 3 dae hier in KL was ‘n mallemeule van shopping en sightseeing. KL is warm en bedompig. Lugversorging is so alledaags soos water in die krane en almal kan goed Engels praat. Die pryse van elektroniese produkte is ten minste 30-40% minder en oor die algemeen is die lewenskoste goedkoper maar bietjie duurder as in Viet Nam. Die hoogtepunt vir ons was ongetwyfeld die Batu grotte waar ‘n groot Hindu tempel gebou is.
Maar soos alle goeie dinge is hierdie vakansie nou ook op ‘n einde en l^e daar nog net ‘n 10 uur vlug huis toe voor.

Saturday, January 2nd, 2010 My Potgooinotas No Comments

Saigon

Dis seker onregverdig om Saigon met Ha Noi te vergelyk, maar tog moet ons – dit is immers die twee hoofstede van Viet Nam! en enigeen wat in Viet Nam was sal sonder aarseling kan se watter stad die laaste aan hulle hart le. Vir my was dit Ha Noi, maar ek het reeds genoeg daaroor gepraat.

Saigon is modern, groot en neonbelig. In die aand is daar meer liggies aan die bome  en oor die strate as wat ek in Jhb van ouds of selfs New York met Kersfees gesien het. En deesdae is dit LEDs wat in massas gehang word en ‘n skouspel van feestelikheid afgee. Eers dan verstaan jy waarop sinspeel ” One Night in Saigon” .

Maar daar is ook ‘n minder feestelike kant van Saigon. Die War Remnants Museum se uitstalling skok jou tot in jou diepste wese as jy eerstehandse vertellings lees van Vietnamese oorlogslagoffers. Die statistieke van verwoesting wat Agent Orange oor die hele land gesaai het, sink nie dadelik in nie, maar as dit doen, is dit verbysterend. As jy oorlog souvenirs jou ding is, het jy by die regte plekke aangekom. Hier kan jy dog tags en gegraveerde Zippo lighters met gesegdes soos ” we make war today so that our children can have peace tomorrow” .

Monday, December 28th, 2009 Viet Nam No Comments

NHA TRANG

Die vakansiestad van die locals. Ons het die oggend in die modderbaddeens gespandeer gekombineer met ‘n mineraalbad en ‘n massage. Die mark in Nha Trang is sekerlik een van die beter georganiseerdes.

Monday, December 28th, 2009 Viet Nam No Comments

HON ONG

Ook bekend as Walviseiland, maar die walvisse is baie lanklaas langs hierdie kuslyn gewaar. Dit het ‘n volle 11 ure per bus geneem om hier te kom en daarna nog 30 minute per boot na die eiland. Hier is geen besienswaardighede nie, net see strand en son.
Die toergroep het n secret Santa gereël vir Kersdag. Elke ou het ‘n naam uit die hoed getrek vir n geheime kersgesenk. My geskenk was 2 Vietnamese houtskool skilderye.
Die snorkel uitstappie was minder opwindend. Die boot het ‘n uur uitgevaar na die koraalriwwe vir 30 minute se snorkel. Baie mooi koraalriwwe, maar amper geen visse nie.
Môre gaan ons aan na Saigon en miskien sien ons die Cu Chi tonnels.

Friday, December 25th, 2009 Viet Nam No Comments

HOI AN

Danksy UNESCO se verklaring van Hoi An tot ‘n wereld kulturele erfenisgebied, is daar genoeg fondse beskikbaar gemaak om die oorlogskade amper volkome te herstel. Dit is ook die sy en kleremaak hoofstad van Viet Nam waar jy letterlik dieselfde dag n stel klere kan laat maak. En in tipies Oosterse styl is die mees onlangse katalogusse van die vernaamste Europese modehuise byderhand om jou te help in jou keuse van n snit.
Hoi An is ook die plek om jou aandenkings by te koop. Jy kan kies tussen chopsticks stelle, hout besigheidskaartjie houers, T hemde, skilderye en nog meer. Die plaaslike Hoërskool is bekend omdat Ho Cho Min (die Vietnames volksheld) daar skoolgegaan het.
Dit is nie die moeite werd om die 5 site ticket te koop nie. Die kans dat jy meer as 2 of 3 sites gaan besoek is maar skraal. Wat jy eerder kan doen is om ‘n fiets of skoeter rit te neem na die nabygeleë strand. Mens moet dit ervaar om self deel wees van die Vietrnamese verkeer op straat, onthou net om so naastenby aan die regterkant van die pad te hou.

Thursday, December 24th, 2009 Viet Nam No Comments